Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander

Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander

Regular price R 30.00
Regular price Sale price R 30.00
Sale Sold out
Tax included.

Ná haar sterk debuutbundel, Die vloedbos sal weer vlieg, keer Carina Stander terug met ’n ewe indrukwekkende tweede bundel. Mens en natuur, verval en groei, en boosheid en spiritualiteit vleg hier inmekaar. Natuur en emosie gaan hand aan hand en bly gevang in ’n beleë ewewig, soos byvoorbeeld in haar gedigte oor swangerskap en geboorte waar biologiese groei en artistieke ontwikkeling tot sintese kom.

Die digter het die vermoë om betekenis en klank tot ’n eenheid te verwerk. Sy “konfronteer” die werklikheid in al sy gedaantes, sy dig ru, sy dig wreed, sy dig loutere skoonheid en diep emosie. Dit maak haar werk fris en gelaai met energie.

Goodreads: 4.60

View full details