Mel se Boekrak
Wilhelmina, kampkind op Java - Mariël Le Roux
Wilhelmina, kampkind op Java - Mariël Le Roux
Goodreads 4.36
Wilhelmina: kampkind op Java is die merkwaardige ware verhaal van Will van Helewijn, haar moeder en twee jonger sussies tydens en net ná die Tweede Wereldoorlog. Will se vader is skeepsbouer in Roemenië en kort ná die uitbreek van die oorlog moet die gesin na Indonesië vlug. Aanvanklik is hulle betreklik veilig op die eiland Java, maar nadat Japan die eiland beset het, word die vroue in konsentrasiekampe opgeneem. Hier beleef hully bykans ondraaglike ellende, maar hier bewys die Nederlanse vroue ook van watter stoffasie hulle gemaak is.
Die gesin emigreer uiteindelik Suid-Afrika, waar Will later haar ervarings aan die skryfster, Mariël le Roux, oorvertel. En wat ‘n meesleurende verhaal het dit nie geword nie: Die uiters moeilike omstandighede, die hartseer en ook die ligter oomblikke word in genoeg besonderhede geskets sodat ‘n mens jou daarin kan inleef. Dit is voorwaar ‘n boek wat nie maklik neergesit word nie.