Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Miserella - Fanie Viljoen

Miserella - Fanie Viljoen

Regular price R 65.00
Regular price Sale price R 65.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 3.93

Sommige geheime gaan saam met jou na die graf toe. Ander het ’n vreemde manier om terug te kom.

Miserella en haar broer, Juvenis, bly in ’n Gotiese kasteel by hul eksentrieke, dog ellendige tantes, Violenta en Laniolet. Én, natuurlik die dooie Mortallus. Of altans, hy is nie régtig dood nie, daarom hou hulle sy as in ’n spesiale urn terwyl hy probeer om weer lewend te word. Hy het in as verander toe een van sy partytjie-toertjies lelik skeef geloop het.

Maar hoekom word Miserella en Juvenis teen hulle sin in die kasteel aangehou en moet hulle so hard werk? En hoekom slaap hulle in die dag en is in die nag wakker? Watter geheime lê opgesluit in die Dier wat om die kasteel sluip en die snaakse misrook in die kasteel se gange? En wat gaan gebeur as hulle nare oom Mortallus eendag uit die as opstaan? Wie is Carlo, die jong man wat Miserella se hart vinniger laat klop?

View full details