Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Charlotta - Jeanette Ferreira (#3)

Charlotta - Jeanette Ferreira (#3)

Regular price R 50.00
Regular price Sale price R 50.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 3.76

In Kruger se Pretoria loop die jong Charlotte met 'n droom: eendag sal sy wees soos 'n wit duif wat hoër as al die ander styg ...

Maar in 'n Boerehuis is drome duur, te meer as dit gaan oor verpleegopleiding onder 'n non. Liefde kan nog duurder wees, leer Charlotta langs die slagveld en in die veldhospitale, want daar is twee ruiters op haar pad. Die oorlog maak 'n mens anders, presies soos liefde 'n mens anders maak. En geregtigheid kan kom langs vreemde weë. Oorlog trek nie oor 'n land se kop heen en los die mense soos hulle was nie - so het Siel gesê. Jy word soos 'n pot vol kruide uitgekook sodat jy sterk medisyne kan gee.

Jeanette Ferriera se vorige twee romans wat tydens die Anglo-Boereoorlog afspeel, Babette en Catharina, het menslike lotgevalle tydens hierdie oorlog na lesers toe gebring soos die datums en veldslae van dokumente dit nooit kan doen nie. Charlotte vertel vanaf die jaar voor die oorlog tot en met die vredesluiting, van bedrog en familietwis, van een vrou wat die oorlog met 'n Rooikruisvlag in haar hande en drif in haar siel tegemoetgaan. 'n Roerende epiese verhaal wat die liefde en selfkennis van 'n jong vrou in 'n tyd van oorlog en hartseer met liriese intensiteit en passie uitbeeld.

View full details