Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Norrevok - C. Johan Bakkes

Norrevok - C. Johan Bakkes

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4

Die klim van 'n berg is amper soos die lewenspad. Sonder om nou te erg filosofies te raak – jy staan onder in die vlak en voetheuwels met jou lewe voor jou. Dan pak jy hom aan. Dit gaan gepaard met stampe en stote en swaar. Daar's ook heerlike oomblikke – as jy rus en terugkyk na die pad waarlangs jy gevorder het. Maar ewig wink die kruin, en met hernieude krag stu jy opwaarts... Die maklik begaanbare wee hou vir Johan Bakkes geen aantrekkingskrag nie; nee, vir hom altyd maar die smalle wee wat met bloedsweet gepaardgaan. Daar waar min ander dit nog gewaag het. Norrevok, so wil gerugte dit he, is 'n klein ou dorpie net anderkant Novisibirsk in Siberie. Daar waar dit rerig koud raak, soos in minus-40-grade-koud. Maar as jou naam Bakkes is, is die woord norrevok min of meer sinoniem met "nooit boedel oorgee nie ... Mettertyd bied Nepal, Pakistan en Ethiopie net nie meer genoeg van 'n uitdaging nie, en dan neem jou reise jou na toenemend vreemde plekke, daar waarheen die gewone toeris nie graag gaan nie, daar waar net die plaaslike inwoners hul eie taal verstaan. Niks Engels . . . en nog minder Afrikaans. Maar deur Afrikaans te brabbel en totaal dolli inkapas te pleit, help darem dat mens nie van die Trans-Siberiese trein afgegooi word nie. En met gebaretaal en akteursvernuf kan 'n ou 'n redelike ent kom; as jy byvoorbeeld in Sjina soos 'n mal koei moe en met jou hande bokant jou kop horings naboots en 'n denkbeeldige matador bestorm, kan jy darem keer dat iets aan jou voorgesit word wat eens die naam "Wagter" kon gehad het.

View full details