Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Ek droom van 'n droom - Elsje Neethling Blair & Maretha Maartens

Ek droom van 'n droom - Elsje Neethling Blair & Maretha Maartens

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

’n Gewone tiener droom van kêrels, mode en ’n suksesvolle loopbaan. As jy Elsje is, suster van Olimpiese gouemedalje-wenner Ryk Neethling en swem-kampioen en ontwerper Jean-Marié Neethling, droom jy van swem vir die S.A.’s en Olimpiese medaljes. Jy droom nié van ’n kanker-groeisel wat sy tentakels so diep in jou brein ingeslaan het dat die neuroloog kopskuddend sê daar is nie hoop nie ... 

Elsje Neethling Blair is op 13 gediagnoseer met ’n doodmaak-kanker. In EK DROOM VAN ’N DROOM vertel Elsje saam met Maretha Maartens van haar 20 jaar lange saamleef hiermee en haar weiering om toe te laat dat kanker haar ontneem van haar jongmeisiedrome. Dit vertel van opdraandes, maar ook hoop, van terugslae ... en nuwe drome. 

Bydraes deur pa Ryk, ma San-Marie, boetie Ryk, sussie Jean-Marié en Elsje se man, Bruce, vertel hoe haar stryd ook húlle stryd geword het. Daar is ook agt bladsye met volkleurfoto’s uit Elsje se persoonlike album.

EK DROOM VAN ’N DROOM is ’n eg-menslike verhaal, want Elsje ken die seer en die onsekerheid, maar ook die geloof en die blyke van God se genade wat ’n lewe saam met kanker kenmerk. Sy glo onwrikbaar: Vir God is niks onmoontlik nie.

View full details