Mel se Boekrak
Die Woord elke dag Bybel - Andries Enslin
Die Woord elke dag Bybel - Andries Enslin
Is jy moedeloos omdat jy te min tyd het? Die lewe is veeleisend en oënskynlik belangrike dinge kan al jou aandag opeis.
Jy moet egter tyd maak vir dit wat die heel belangrikste is – jou verhouding met God. Wanneer jy by Hom gaan stil word, met ’n hart wat gewillig is om te leer en te groei, kry jy die krag en vrede wat jy so begeer.
Die Woord Elke Dag ... sal jou in die regte stemming kry vir elke dag. Dié inspirerende dagstukke maak jou bewus van God se goedheid, wanneer jy gelei word om na te dink oor die dinge waarvoor jy dankbaar kan wees. En jy sal wil juig as jy besef dat jy regtig mag aanspraak maak op sy guns!
Elke dagstuk is propvol wonderlike beloftes uit die Woord. Op ’n praktiese manier leer jy ook hoe om Bybelse beginsels in jou eie lewe toe te pas sodat jy die regte besluite kan neem en die beloftes jou eie kan maak.
PLUS!
Aan die einde van elke week is daar ’n joernaalbladsy waar jy jou gedagtes oor die week se dagstukke of Skrifgedeeltes kan neerskryf. Wanneer jy later deur die Bybeldagboek blaai, sal jy kan sien hoe jy geestelik gegroei het.
Andries Enslin is leraar by die Alberton LewenSentrum, ’n interkerklike gemeente.
Andries het die vermoë om die Woord prakties en met passie uit te lê – in ’n taal wat met jou hart práát.