Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Leef voluit en vreesloos - Joyce Meyer

Leef voluit en vreesloos - Joyce Meyer

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4.28

Leef voluit en vreesloos is die resultaat van Joyce Meyer se eie reis van onsekerheid en selfhaat na 'n lewe van selfvertroue. Dit het ook gegroei uit jare se persoonlike ervaring en interaksie met vroue deur haar bediening.

Op haar kenmerkende reguit, praktiese manier help sy die leser om die struikelblokke na 'n lewe van oorwinning en selfvertroue te oorkom en haar volle potensiaal te bereik. Leef voluit en vreesloos bestaan uit twee dele: 'Die gawe van selfvertroue', en 'Verwyder vrees in jou lewe'. In die eerste deel verduidelik sy onder meer:

 

Hoe om struikelblokke op pad na selfvertroue te identifiseer;

Hoe voldoende voorbereiding vroue bemagtig;

Hoe om van onafhanklikheid na afhanklikheid van God te beweeg, en

die karaktereienskappe van 'n vrou met selfvertroue.

 

In die tweede deel wys sy hoe om vrees te hanteer en met vertroue te begin leef.

Hierdie boek sal jou opnuut herinner dat vroue 'n besondere rol het om te speel in die wereld, en jou in staat stel om daardie rol voluit en sonder vrees te vervul.

View full details