Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Soos sagte kerslig - Elize Parker

Soos sagte kerslig - Elize Parker

Regular price R 70.00
Regular price Sale price R 70.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 3.33

In Eersteling, die eerste verhaal in die Damaskusgangers-reeks, ontmoet ons vir Benita Coetzee en Sandra de Waal – twee vroue wie se paaie kruis nadat hul babas by geboorte omgeruil is en hulle dit eers omtrent vier jaar later ontdek.

Soos sagte kerslig is die aangrypende vervolg waarin Sandra en Benita deur omstandighede gedwing word om met die ware toedrag van sake vorendag te kom.

Dié twee vroue het aanvanklik besluit om die gebeure geheim te hou totdat hulle groter duidelikheid het oor hoe om die situasie te hanteer. Hulle het ook onderneem om, indien een van hulle iets sou oorkom, die ander na albei dogters sal omsien.

Benita – wie se man ter see verdwyn het – is intussen weer verloof. Wanneer sy kort daarna ontstellende nuus ontvang, kry sy ’n ernstige beroerte en word Sandra dadelik ontbied. 

Sandra berei haar voor om haar kant van die onderneming na te kom, en sodoende beide haar biologiese én ‘grootmaakkind’ in haar sorg te neem, maar sake verloop nie heeltemal soos sy dit voorsien nie, en die onsekerheid raak vir haar byna te veel.

Te midde van hierdie ontstuimigheid is Sandra se huwelik ook aan die verbrokkel, en in haar angstigheid om self ’n oplossing te probeer bewerk, maak sy keuses wat wat moontlik kan veroorsaak dat sy haar grootmaakkind ook kan verloor.

Danksy Quintin Immelman – ’n wynboer vir wie sy aan ’n reklameveldtog werk – se ingrype en bystand kom sy stadigaan weer op haar voete en leer sy om haar omstandighede en die uitdagings wat haar in die gesig staar, te hanteer.

View full details