Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Liefde sonder beperkings - Nick & Kanae Vujicic

Liefde sonder beperkings - Nick & Kanae Vujicic

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4.17

Die meeste van ons is nie sonder arms of bene nie, maar wanneer dit by die liefde kom, voel ons dikwels net so onvolmaak soos Nick Vujicic. Nick en sy vrou, Kanae, het egter ’n besonder inspirerende verhaal wat hulle nou met die wêreld deel in LIEFDE SONDER BEPERKINGS. 

In dié boek vertel hulle albei van hulle liefdespaadjies en hoe hulle mekaar leer ken en liefkry het. Met hulle verhaal wil hulle ander inspireer in hul soeke na liefde.

Nick en Kanae praat oor onderwerpe soos die soeke na liefde; die perfekte onvolmaakte liefde; verlowing as die begin van ’n liefdevolle huwelik; reinheid voor die huwelik; en die vreugde van ouerskap. Daar is ook ’n seksie met pragtige kleurfoto’s van die twee geliefdes se pad saam sover.

LIEFDE SONDER BEPERKINGS sal jou oortuig dat God self die behoefte na liefde in jou hart gesit het, en Hy sal ook self daarin voorsien.

View full details