Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Tjoklits vir die siel - Susan Coetzer

Tjoklits vir die siel - Susan Coetzer

Regular price R 35.00
Regular price Sale price R 35.00
Sale Sold out
Tax included.

Vier vroue in hulle veertigs ? aan die buitekant die ene glitz en glamour, aan die binnekant vol pyn en drama ? en een tienermeisie wat in ’n swart gat opgesuig word. En almal word betrek by ’n gebeurtenis wat hulle perspektief vir ewig verander.
Daar is Suzanne, pleaser vir haar man en kinders. Die menopouse-wolf hamer egter aan haar voordeur en haar man se oë dwaal na groener weivelde. Christel is Suzanne se kinderlose, wyser-as-die-wêreld suster, ’n celeb op Italiaanse spykerhakke. Sy staan voor ’n skeipaartie waar die Bird of Paradise ’n paar glansgroen vere gaan verloor. Dan is daar Adri, die koel sakevrou wat mik na die Who’s Who Map. Haar beeld van ’n man is werkloos, haar beste vriend Botox en haar verhoudings sonder siel. Lisa is die dromerige ontwerper met ’n hart vir straathonde en bedelaars ... maar niemand durf weet van die blou kolle op haar lyf nie. En dan is daar Shelley, Suzanne se oudste dogter, wie se hart gebreek word.
Susan Coetzer se nuwe roman is ’n roman wat so na aan die waarheid kom dat ’n mens kan voel hoe die karakters begin lewe en die storie joune word.

Goodreads: 4.21

View full details