Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Spore in die Arep - Marie Reyneke

Spore in die Arep - Marie Reyneke

Regular price R 35.00
Regular price Sale price R 35.00
Sale Sold out
Tax included.
Sommer van die begin af gebeur snaakse dinge op die plaas Arep in die Klein Karasberge waar ses jongmense gedurende die herfsvakansie kamp. Uschi von Kritzner, 'n Duitse meisie, kom met behulp van haar Facebook-vriend, Wessel de Lange, na Namibië om die graf van haar grootoupa wat in die Duits-Nama oorlog op Arep gesneuwel het, te soek. Jurgen, die plaaseienaar se seun, het sy hande vol om almal tevrede te hou, want hulle kamp in 'n rivierloop, bad in modderige kuile en eet wat die veld voorsien. Wessel se meisie, wat opsluit wou saam, is 'n vegetariër, met 'n oorsensitiewe siel vir alles en almal se regte. En dan is daar Lukas, Namakleinseun van oorlede Frik Visioen wat vir jare op die plaas gewerk het. Is Lukas besig om almal vir die gek te hou, of dra hy 'n lastige geheim met hom saam? En Donovan, die Engelse seun, wat saamgekom het om 'n storie vir sy skoolkoerant te kry? Is hy te vertrou? Toe die Arep eindelik sy geheime prysgee, is dit veel anders as waarop hulle in hul wildste gedagtes gehoop het.
View full details