Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Spoorvat - Riana Scheepers en Leti kleyn

Spoorvat - Riana Scheepers en Leti kleyn

Regular price R 40.00
Regular price Sale price R 40.00
Sale Sold out
Tax included.

As skrywers het hulle reeds naam gemaak; hulle het literêre pryse gewen, die harte van lesers verower, diep spore getrap in die Afrikaanse kultuurwêreld... Ons ken hulle as openbare figure, as skeppers van verhale en romans en rubrieke. Maar wat is die intiemste, mooiste en selfs pynlikste jeugherinneringe van ons bekendste Afrikaanse skrywers? Was hulle as kinders reeds sensitiewe waarnemers, kunstenaars in wording? Hoe het hulle hul jeug beleef? En hoe word hierdie jeugherinneringe verwerk in hul tekste as gesofistikeerde skrywers?

Riana Scheepers en Leti Kleyn (samestellers van die trefferboek Die Afrikaanse Skryfgids het skrywers gevra om hul kinder- of jeugherinneringe op skrif te stel.

Stories uit die pen van onder andere die volgende skrywers is ingesluit: Andries Bezuidenhout, Cecile Celliers, Hans du Plessis, Jeanette Ferreira, Joan Hambidge, Marié Heese, Irma Joubert, Dana Snyman, Piet Steyn, Marita van der Vyver, Leon van Nierop, Jan van Tonder en Ingrid Winterbach.

Goodreads: 4.00

View full details