Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Sonvanger - Frenette van Wyk

Sonvanger - Frenette van Wyk

Regular price R 65.00
Regular price Sale price R 65.00
Sale Sold out
Tax included.

Narissa Truter is ’n vrye gees met ’n swerwershart en ’n ekspressiewe leefstyl. Sy stel haar eie grense en steur haar nie aan ander se moets en moenies nie.

Vir haar pa is sy ’n teleurstelling. Hy beskou haar as die ewige enigma; sonder verantwoordelikheidsin, fokus of lewensdoel en hy verstaan haar nie. Eintlik weet sy nie van iemand op hierdie aardbol wat haar al ooit regtig verstaan het nie. Niemand weet van die drome sonder name, die onbekende bestemmings waarna haar hart hunker nie. Raad en kritiek is seker goed bedoel, maar dit kan nie vir haar die son se lag vang nie. Al wat sy vra, is dat haar pa haar sal liefhê en aanvaar soos sy is. 

Toe sy haar verlowing verbreek, is hy woedend, maar haar vryheid is vir haar belangriker. Sy vat die pad na die Noord-Kaap om geluk te gaan soek.

Met die intrapslag bots sy egter letterlik en figuurlik met die streng en onverbiddelike Franz Lamont. Hy maak haar keer op keer woedend en laat haar dinge doen en sê wat haar nie net verstom nie, maar ook vir haar moeilikheid op die hals haal.

’n Skok wag egter op haar toe sy haar nuwe baas ontmoet ..

View full details