Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Soetgoed vir die siel - Susan Coetzer

Soetgoed vir die siel - Susan Coetzer

Regular price R 75.00
Regular price Sale price R 75.00
Sale Sold out
Tax included.

Kyle het ’n ryk man, twee normale tieners en moody copper highlights, maar daar is ’n gat in haar wat sy moet vul.
OROS is die verhaal van ’n vrou wat die gat in haar binneste wil volmaak. Sy probeer die Oros vir haar siel vind, dit wat haar ma altyd ontwyk het. Maar sy soek dit in drank, dwelms, seks en geld.

Isabella is 25 jaar getroud met ’n bekende sielkundige, het twee tienerseuns en ’n mooi huis. Tog is sy steeds gevul met pyn.
CUSTARD is die verhaal van ’n vrou wie se lewe goed lyk, maar eintlik is dit besig om uitmekaar te val. Sy vergryp haar aan soetgoed en Ingrid se poësie. Haar man neem haar terug na haar geboorteland, waar sy haar pyn in purpose omskep. Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar.

Shelley bevind haar in ’n donker put – ’n situasie wat vier vroue terugruk na die werklikheid en hulle perspektief op die lewe vir altyd verander.
TJOKLITS is die verhaal van vier vroue, Suzanne, Christel, Adri en Lisa, wat voorgee dat hulle lewe die ene glitz en glamour is. Maar eintlik is dit vol pyn en drama. Wanneer Suzanne se dogter deur ’n slegte tyd gaan, laat dit hulle besef dat daar groter probleme is as menopouse, spykerhakke en Botox.

SUSAN COETZER is ’n bekende aktrise en skrywer. Sy is ook ’n motiveringspreker wat mense regoor die land met haar praatjies inspireer. Daar is reeds meer as 90 000 eksemplare verkoop van haar romans Oros vir die siel, Custard vir die siel, Tjoklits vir die siel en ’n Tas vol blues songs. Sy het verder ook ’n Bybeldagboek, Smarties vir die siel, op die rak – nog ’n blitsverkoper!

Goodreads: 4.78

View full details