Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Smarties vir die siel - Susan Coetzer

Smarties vir die siel - Susan Coetzer

Regular price R 60.00
Regular price Sale price R 60.00
Sale Sold out
Tax included.

'n Bybeldagboek

Hoe kan die Heilige Gees jou hart sag en jou gees nuut maak?

Hierdie gewilde dagstukboek is ’n kleurryke mengsel van bemoediging en inspirasie vir vroue wat nuut wil begin en anders wil leef. Dis bedoel vir elkeen wat smag na ’n LEWE met meer as genoeg van alles wat jy nodig het om elke dag blydskap, vrede en vervulling te ervaar.
Smartie-lekkertjies het ’n harde buitekant en ’n sagte binnekant. Om by die sagte tjoklit-hart te kom, moet ’n mens eers die harde dop verwyder. Dieselfde moet met ’n mensehart gebeur ... Al die blokkasies tussen jou en jou Skepper moet weggevat word.
Deur elke dag hieroor te lees, te bid en na te dink, sal jy meer en meer die klip-gedeeltes van jou hart kan neerlê. Hiermee sal die Bybelgedeeltes en dagstukke in Smarties vir die siel jou op ’n besondere manier ’n hele jaar lank kan help. Hulle is propvol unieke insigte oor God, praktiese voorstelle en vertellings uit die skrywer se eie struggles en oorwinnings.


SUSAN COETZER het as skrywer en motiveringspreker ’n passie om vroue te seën met haar besonderse verstaan van seerkry, platgeslaan word, opstaan en weer heel word. Sy en haar Soetgoed vir die siel-boeke is net so bekend soos die sjokolade waarna hierdie titel verwys.

Goodreads: 4.50

View full details