Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Sjokoladesoene

Sjokoladesoene

Regular price R 75.00
Regular price Sale price R 75.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4.14

Jessie Jansen het ’n lyf wat vir niks skrik nie, maar deesdae het sy die selfbeeld van ’n verwelkte blom in ’n vullisdrom.

Gelukkig sit haar kurwes op die regte plekke danksy goeie gene, want sy is verslaaf aan sjokolade en dit word al hoe erger. Haar man het haar immers vir ’n jonger dolla gelos en sjokolade is troos vir die siel. 

Hulle kan hulle kokaïne maar hou, het sy al dikwels gedink, hulle dagga, hulle sigarette, selfs al die drank in voorraad van ’n gemiddelde kroeg – daar is niks wat jou op so ’n high kry soos sjokolade nie.

’n Talentsoeker sien haar raak en maak aan haar ’n aanbod om model te wees vir ’n reeks skoonheidsprodukte van Love Incorporated wat gemik is op die ‘gewone’ vrou. Die boodskap wat die maatskappy wil oordra, is dat elke vrou uniek is en dat ’n vrou met kurwes net so mooi en selfs mooier kan wees as die modelle wat gewoonlik op advertensieborde verskyn.

En so begin Jesse se nuwe lewe. Iewers in haar agterkop is sy vreesbevange oor wat haar kinders en haar eks sal sê as hulle moet hoor wat sy met haar middeljarige lyf van haar gaan aanvang. Maar selfs op ’n weggooivrou wag daar soms ’n avontuurtjie as sy dit waag om uit haar kokon te klim wanneer sy langs ’n man in sy Thunderbird beland en oor die drumpel van sy weelderige woonstel stap. Al weet sy ook Bruno Baumann verkies eintlik sappige jong blaartjies en trek sy neus op vir vroue wat veertig nie weer sal sien nie. 

Toe dinge begin skeefloop, wens Jessie sy het hom nooit ontmoet nie.

View full details