Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Seisoene - Engela van Rooyen

Seisoene - Engela van Rooyen

Regular price R 65.00
Regular price Sale price R 65.00
Sale Sold out
Tax included.

Die publikasie van Engela van Rooyen se outobiografiese vertelling, Seisoene, sal deur baie lesers verwelkom word. Sy herskep die alledaagshede wat elke huisvrou en ma sal herken.

Hoe vind jy balans tussen die verpligtinge van man en kinders en die eise wat daar aan ’n predikantsvrou gestel word? Veral as jy boonop ’n drang het om skrywer te word.

Maar dan kry die vertelling ’n meevoerende krag wanneer ernstige krisisse opduik: Haar man kry ’n senuwee-ineenstorting. Meer nog: Haar skoondogter oorleef ’n ernstige motorongeluk, maar doen permanente fisiese en psigiese letsels op. En sy, die skrywer, is midde-in haar mees ambisieuse skryfprojek ooit. Hier bereik haar eg-menselike verhaal ’n besondere diepte- en hoogtepunt: ’n dieptepunt van smart, maar ook ’n hoogtepunt van kreatiwiteit.

’n Ontroerende, maar ook opbeurende, ode aan die lewe.

Goodreads 3.33

View full details