Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Oor en weer - Trisa Hugo & Analize Viljoen

Oor en weer - Trisa Hugo & Analize Viljoen

Regular price R 90.00
Regular price Sale price R 90.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4.25

Die dag toe Billie by Amandelboom 6 intrek, kon nie sy óf Manda, wat oorkant die straat in nr. 9 woon, voorsien hoe verstrengel hulle lewens sou raak nie. Manda en Billie is so verskillend soos Antarktika en die Sahara. Inkennige Manda voel op haar veiligste in haar huis met haar kat, Jasmyn, as geselskap. Billie, aan die anderkant, is net so energiek soos haar hond Tequila. Sy is pas geskei en dolverlief op ’n Irakese vrou, Amani. Uit blote misverstand tussen die troeteldiere begin Billie en Manda oor en weer kuier. En in die proses leer hulle dat die liefde ’n duisend vorme aanneem, dat dit moed verg om weerloos te wees, en dat vriendskap oneindig kosbaar is.

Dis ʼn boek vir oopkop mense.

Oor en weer is gutsy – een van daardie lékker boeke wat jy maar kan lees.

(Resensie: Juliana Coetzer – Rapport

Hier word nie doekies omgedraai nie, mense. Dis nie net in die kombuis waar dinge begin stoom en aan allerhande lekkernye gesmul word nie.

Ons kan gerus meer boeke in Afrikaans te lees kry oor die sisterhood, sonder dat daar net mooi broodjies gebak word en die heldinne op 'n man aangewese is om hul geluk in die lewe te vind.

(Resensie: Jonathan Amid - Die Vrye Weekblad)

Daar is iets vry en wild omtrent ’n vriendskap tussen vroue. Enigiets kan daar uitbroei. Spesifiek omdat dit gewoonlik ontwikkel buite die sfeer van mans. As ’n tema van ’n boek is dit dan ook die ideale dryfveer om kommentaar te lewer op vrouwees en die samelewing waarin hulle hul bevind. 

Om te skryf oor vrouevriendskappe is ontsettend belangrik in vandag se tyd van toenemende geweld teen vroue en ’n seksistiese atmosfeer wat nog maar dik lê in hierdie land van ons.

Vrouevriendskappe kan ’n veilige ruimte bied waar vroue se letsels kan genees.

(Lesersindruk: Erla Diedericks – LitNet)

View full details