Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Oop kaarte - Annemari Coetser

Oop kaarte - Annemari Coetser

Regular price R 60.00
Regular price Sale price R 60.00
Sale Sold out
Tax included.

Leandi is dapper en vrydenkend en het ʼn lewensblyheid wat haar die komiese in elke situasie laat sien. Die liefdes op haar lewenspad het haar van verraad en jaloesie geleer, maar nou lei ʼn toevallige ontmoeting met ʼn gholfbal tot ʼn ongewone nuwe liefdeservaring waarin sy en ʼn getroude man met sy vrou se medewete sy verligte idees oor die liefde uitleef.

Dehlia skryf ʼn brief:

“Liewe God, ek gee hiermee amptelik, formeel en op skrif aan u my lyflikheid. Die lieflikheid van my seksualiteit en alles wat dit insluit, soos rillings langs my ruggraat af, tone wat van lekkerkry omkrul, lippe wat sag en soenbaar word, die hele kaboedel, gee ek aan u oor. U ken hierdie dinge, U het dit tog immers self uitgedink. Vat dit asseblief nou alles terug."

Dehlia ʼn weduwee, byna 60, is nie ʼn tradisionele ouma nie en daarom ontmoet sy mans op die Internet en onderneem deur middel van verhoudings ʼn spirituele reis waarin sy die rowwe wêreld daarbuite leer ken en haar eensaamheid, seksusaliteit, selfbejammering en ontnugtering leer hanteer.

Die twee vroue se verhale loop parallel met mekaar totdat hulle paaie uiteindelik kruis en dit vir hulle albei nuwe insigte bring. Lewensbeskouings oor die gemeenskap en die liefde word in hierdie roman ondersoek, veral in Leandi se gesprekke met haar vriende en in die gedagtewêreld van die twee vroue, wat ook toon hoe hulle hul vrees konfronteer en genesing vind. Daar is baie humor en dikwels ʼn lag met ʼn traan, en tot by die verrassende slot stel die leser daarin belang om te weet of albei se proefnemings gaan slaag.

Goodreads 3.4

View full details