Mel se Boekrak
Om Helena te hoor - Carolyn Morton
Om Helena te hoor - Carolyn Morton
Wanneer jy agterkom die lewe gaan nie net oor jouself nie, moet jy keuses maak. Partykeer moet jy jouself eerste stel. Ander kere moet jy terugstaan, want dan weet jy iemand anders se behoeftes is nou belangriker as joune.
Helena is desperaat om weg te kom van haar afgeleefde skool en in te kom by die Musiekakademie, maar Madame Pandora, haar musiekonderwyser, wil niks weet nie. Dit is nie Helena se enigste probleem nie. By die huis draai alles net om haar talentvolle broer, haar ouers is te besig om van haar notisie te neem en dan het die aantreklike Konrad net oë vir June. Wanneer Helena uiteindelik haar drome kan bewaarheid, besef sy nie alle geleenthede hoef aangegryp te word nie – watter moet sy vat en watter moet sy los, en hoe sal haar besluit die mense naaste aan haar raak? ’n Verhaal van volharding, moed en vriendskap. Ook verkrygbaar in Hearing Helen