Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Om dogters groot te maak - James Dobson

Om dogters groot te maak - James Dobson

Regular price R 40.00
Regular price Sale price R 40.00
Sale Sold out
Tax included.

Geen ander prioriteit kan naastenby so belangrik wees soos die verantwoordelikheid om kinders groot te maak nie en juis daarom is dit onontbeerlik om goeie leiding te kry. Ná die merkwaardige sukses van OM SEUNS GROOT TE MAAK het ouers (en kinders) dr. James Dobson gesmeek om ook so ’n boek vir die grootmaak van dogters te skryf.
In OM DOGTERS GROOT TE MAAK bespreek Dobson inligting, benaderings, oplossings en aanbevelings gegrond op van die nuutste navorsing deur verskeie gesaghebbende organisasies, tesame met raad wat alreeds die toets van die tyd deurstaan het. Hy fokus op die invloed van ouers, onderwysers en portuurgroepe. Hy skryf oor dogters van alle ouderdomme en bespreek die slaggate wat beslis voorlê. Hy bespreek selfwaarde, seksuele ontwaking, enkelouerskap, emosionele ontwikkeling en wenke hoe om dogters groot te maak.
OM DOGTERS GROOT TE MAAK sal ouers met praktiese raad bystaan in die groot verantwoordelikheid om hul dogters beter te verstaan en effektiewe leiding aan hulle te gee.

Goodreads 3.33

View full details