Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Net 'n mens - Alta Cloete

Net 'n mens - Alta Cloete

Regular price R 65.00
Regular price Sale price R 65.00
Sale Sold out
Tax included.

Kort ná ’n bekende skrywer te sterwe kom, sterf sy uitgewer ook. Willem, sy prokureur en die man wat hom tot met sy dood bygestaan het, het die pynlike geheim met hom saamgedra dat die uitgewer vir hom veel meer as ’n vriend was. Nie eens Willem se vrou Sanet of hulle kinders het geweet nie.

Maar die mense van Avondrust het geweet, en geswyg. En teen die tyd dat Sanet die waarheid hoor, is dit ’n saak wat nooit afgehandel sal kan word nie, in elk geval nie saam met Willem nie. Sy moet alleen deur hierdie ding kom, en die ander verantwoordelikhede wat Willem so geredelik op hom geneem het, is spoedig ook deel van haar probleme. Een hiervan is ’n dogtertjie met yslike bruin oë. Dis nou behalwe Sanet se ou probleem: kos. Heerlike, ongesonde kos, baie daarvan.

Lesers wat Opdrag van oorkant gelees het, sal verheug wees om die meeste karakters in Net ’n mens terug te vind.

Alta Cloete sny in hierdie verhaal die werklikheid aan van ’n huwelik waarin ’n man eerder sterf voor hy beken hy is gay. Cloete is ’n voormalige bibliotekaresse en woon in die Paarl. Net ’n mens is haar een en twintigste roman.

Goodreads: 4.11

View full details