Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Moenie worry me, watch net! - Gary Kieswetter

Moenie worry me, watch net! - Gary Kieswetter

Regular price R 40.00
Regular price Sale price R 40.00
Sale Sold out
Tax included.

Die Bybel leer ons dat ons oor niks besorg moet wees nie, maar dis makliker gese as gedaan. Bekommernis is 'n monster wat maklik sy kloue inslaan en nie sommer weer laat los nie. Gary Kieswetter stel dit onomwonde: Hy se 'worry' staan vir 'Wrong Options Running Riot through You'. Dit maak nie saak of jy self die oorsaak va jou bekommernis is en of jou situasie aan omstandighede buite jou beheer te wyte is nie, 'worry' is altyd die verkeerde opsie. Die woord 'worry' het oorspronklik twee betekenisse. Die eerste is letterlik om iemand aan die keel te gryp en die lewe uit hom te wurg. 'Worry' beroof jou van jou lewensvreugde en het die vermoe om die lewe wat God jou gee uit jou liggaam, siel en gees te wurg. Die tweede betekenis is om te verdeel. 'Worry' verdeel jou geloof en maak dit kragteloos. Dit is veel beter om jou energie te gebruik om op God te vertrou, te kies om Hom te loof en 'n wonderwerk van Hom te verwag. 'Moenie worry nie, watch net!' bied meer as net bemoediging en die belofte van 'n beter toekoms. Dit is soos 'n sterk hand op jou skouer en 'n vriend wat saam met jou stap. Dit wys jou hoe jy 'worry' met wortel en tak kan uitroei en God se vrede en oorwinning in elke situasie kan ervaar.

View full details