Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Lien se lankstaanskoene - Derick van der Walt

Lien se lankstaanskoene - Derick van der Walt

Regular price R 60.00
Regular price Sale price R 60.00
Sale Sold out
Tax included.

Lien verkyk haar aan die posters teen die mure. 'n Wit koepel en potblou lug en 'n nog blouer see op 'n Griekse eiland. Ou geboue in Jerusalem in die sonsondergang. 'n Straatkafee in Parys met die Eiffeltoring op die agtergrond. Om weg te kom, is moontlik. Dié vreemde plekke het name. 'n Mens kan daaraan vat. Sy kry hoendervleis.

Vir Lien Jooste het haar matriekjaar onverwags in 'n nagmerrie ontaard. Dinge by die huis kan nooit weer dieselfde wees nadat alles oornag uitmekaar geval het nie. Om weg te kom, lyk vir haar na die enigste uitweg. Weg van die huis, weg van die aaklige skool waarin sy onverwags beland het, en veral weg van haar ma. Maar om weg te kom, kos geld. Geld wat sy nie het nie ...

Goodreads: 3.46

View full details