Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Liefde is... - Nerine Ahlers & Alet Steenkamp

Liefde is... - Nerine Ahlers & Alet Steenkamp

Regular price R 40.00
Regular price Sale price R 40.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4.38

Moet ’n meisie op 17 ’n ou hê? Dit is die vraag waaroor Karli moet kopkrap vir die komende debatkompetisie. Maar in werklikheid is die debat op die oomblik die minste van haar bekommernisse. Daar is soveel ander vrae waarmee sy worstel ...

Wat op aarde gaan regtig tussen haar ma en pa aan? Hoekom is haar pa weg, sommerso sonder om regtig te verduidelik wat aangaan? Waarom is sy en haar ma deesdae soos twee vreemdelinge vir mekaar?

En dan is die Valentynsdag ook nog om die draai. Moet sy maar saam met Juan gaan, al irriteer hy haar meeste van die tyd? Of moet sy ’n kans waag met Stefan, die aantreklike donkerkop met die bruin oë, wat probeer om haar seerkry met pers blommetjies minder te maak?

View full details