Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Koshuiskoffie - Christien Neser (Kondensmelk #2)

Koshuiskoffie - Christien Neser (Kondensmelk #2)

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 4.26

Gravitas.

Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. En dit beteken natuurlik:

Geen ouens nie.

'n Koshuis. Superhipermegagross.

Sakke vol grys skoolklere.

'n Spul lelike beddegoed vir 'n vreemde koshuiskamer.

En 'n jaar lange vonnis sonder haar twee beste vriendinne.

Boonop is haar selfoon doodstil, terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy na hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie.

Tienerlesers het die eerste keer kennis gemaak met Elle in die skreeusnaakse topverkoper Kondensmelk. In hierdie welkome opvolg op Christien Neser se debuutroman kom die bedorwe Elle voor een van die grootste uitdagings in haar jong lewe te staan – die koshuislewe.

View full details