Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Kamee - Roela Hattingh

Kamee - Roela Hattingh

Regular price R 20.00
Regular price Sale price R 20.00
Sale Sold out
Tax included.

'n Vars nuwe stem in Afrikaans. Die verhale in hierdie bundel belig uiteenlopende karakters, milieus en temas. Hattingh gooi die net wyd: in een verhaal neem 'n Hindoe-meisie wraak ná haar Joodse kêrel se verraad; in 'n ander word 'n 4x4 die middelpunt van 'n boeretroue. Daar is huwelike wat verbrokkel, ouers en kinders, slagters en vegetariërs, rebelle en randfigure. 'n Stem met sensitiwiteit en insig is egter telkens aan die woord, en bind die verhale nie slegs tot eenheid saam nie, maar dwing die leser tot nadenke.

Roela Hattingh is dosent in die beeldende kunste aan die Vega School of Brand Leadership.
Sy is ook vryskutkopieskrywer, maak kunstenaarsboeke, en bied kreatiwiteitswerkswinkels aan. Sy woon in Johannesburg.

Goodreads: 4.47

View full details