Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

In sneeu geskryf - Francois Loots

In sneeu geskryf - Francois Loots

Regular price R 55.00
Regular price Sale price R 55.00
Sale Sold out
Tax included.

In Rusland aan die begin van die twintigste eeu vind twee priesters vertroosting in mekaar se arms teen die Siberiese winter en die bloedige opmars van die Rooi Leër.

Dekades later, op 'n kontinent duisende kilometers ver, verruil jong Heinrich sy sukkelbestaan in 'n Karoo-dorpie vir die kitsrykdom wat 'n somer by Sizzler's, 'n bordeel in Seepunt, hom beloor. Hier werk hy saam met Stallion, Randy en Cool Daddy. Vir sy kliënte is hy "Frikkie", 'n boerseun wat hul wildste fantasieë waar maak.

Wanneer 'n kliënt een aand vir hom 'n gedig oor sneeu voordra, ruk hy Heinrich aan die hart. Later loop Heinrich dié man, Bertus, in 'n kuierplek raak waar die ouens van Sizzler's uithang. Wat hulle twee nie weet nie, is dat die kelner wat vir hulle shooters aandra, teen 'n waansinnige moorddadigheid in sy eie kop baklei.

Die ware Sizzler's-moorde van 2003 vind op besondere wyse neerslag in Francois Loots se verhaal. In sneeu geskryf knoop die lotgevalle van uiteenlopende karakters vernuftig saam - hartverskeurend, koelbloedig en anderkant die grense van ruimte en tyd.

Francois Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media. Hy is die skrywer van vier (vorige) romans. Sy mees onlangse boek, Rooi Jan Alleman, het op die Universiteit van Johannesburg-prys vir skeppende skryfwerk se kortlys verskyn. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.

Goodreads: 3.67

View full details