Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Hoogty - E Kotze

Hoogty - E Kotze

Regular price R 70.00
Regular price Sale price R 70.00
Sale Sold out
Tax included.

Helena Burger is haar pa se kind. Net so hardekop, en vinnig om op haar perdjie te klim.

Dis haar ma se brief wat maak dat sy inderhaas haar goed pak en terugkeer Volleminkbaai toe, weg van Grenspan in die Vrystaat waar sy die afgelope jaar in 'n dokter se spreekkamer uitgehelp het. Kom oortuig jy jou pa dat Boetie moet Kaap toe vir sy laaste twee jaar op skool, skryf haar ma. Dis nie reg dat hy skipper-Jas se skoene moet vol staan op die skuit nie.

Dis eers weke later, na die storm gaan lê het en met Boetie veilig op kosskool in die Kaap, dat Helena eindelik tot haar sinne kom. Wat van haar werk op Grenspan? Moet sy terug? En wat van Chris, en die klein ringetjie om haar vinger en ook ander onverwoorde beloftes wat daar gemaak is?

Helena se pad verloop skielik heel anders as wat sy haar verbeel het. Veral toe Auret Nagel, soveel ouer en meer lewenswys, saans oor die morning glory-heining sy pet vir haar lig. Daar is iets besig om tussen hulle pos te vat, besef sy - 'n gemaklikheid van sy kant, en sy, Hillie Burre, skielik meer inskiklik.

HOOGTY is 'n splinternuwe roman deur E.Kotze, kenner van mense, van die see, en van die troebel en helder waters waardeur verhoudings gaan.

Goodreads 3.58

View full details