Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

God se storie, my storie - Jaco Thom

God se storie, my storie - Jaco Thom

Regular price R 40.00
Regular price Sale price R 40.00
Sale Sold out
Tax included.
’n Bybeldagboek met ’n verskil vir elke meisieharrt!

Elke meisie kan die grootste en beste stories in die hele Bybel in ’n jaar lees, maar die Bybeldagboek is anders. Jy kry nie net die geleentheid om die Bybel van Genesis tot Openbaring te lees nie, maar elke dagstuk lees soos ’n kort storie op sy eie.

In God se storie, mý storie ontdek meisies ’n moderne weergawe van die Bybel. Jy kan Jesus se verhaal volg op ’n manier wat maklik is om te verstaan.
Hierdie boek sal jou twee-en-vyftig weke lank besig hou en op ’n reis deur die hele Bybel neem met:
’n Bybelversie om elke dag te lees vir persoonlike groei
’n Dagstukkie in storieboekvorm uit die Bybel wat maklik lees
’n Vraag om oor na te dink en wat dit in jou lewe beteken
’n Joernaalspasie om dit in jou lewe prakties te maak
’n Bladsy elke naweek om jou storie verder te skryf

Dié Bybeldagboek sal jou beslis nie verveel nie. Die besondere dagstukke gaan jou elke dag laat uitsien na jou spesiale tyd saam God. Die joernaalspasies gee jou kans om jou hart met Hom te deel. Dit is nie net nog ’n dagstukkie wat deur iemand geskryf is nie, dit is ’n dagstukkie uit God se pen vir jou!

Jaco Thom is bekend as skrywer van verskeie topverkoper-Bybelse romans. Hy het die vermoë om Bybelse gebeure soos ’n storie te laat lees wat mense se harte aangryp. Daar is al duisende eksemplare van God se Storie, Soos ’n Engel van die Lig en Die Antichris verkoop. Hierdie boeke inspireer steeds talle lesers. Jaco is getroud met Elmien, het drie dogters en woon in die Paarl.
View full details