Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Glam-Divas: Lienka - Solet Scheeres

Glam-Divas: Lienka - Solet Scheeres

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

Lienka, Didi en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee.
Daarom gryp hulle die kans aan toe iemand hulle vir ’n groot ontwerpkompetisie inskryf. Didi is oortuig hulle African Unicorn-ontwerpe gaan die beoordelaars se voete onder hulle uitslaan.

Maar intussen is Lienka se lewe besig om erg ingewikkeld te word. Haar sestiende verjaardag is om die draai, maar sy sien nie eens uit daarna nie. Wat is die groot aankondiging wat haar ouers wil maak? Wat het skielik in haar ouer broer, Sarel, gevaar dat hy so vreemd optree? En haar kêrel, Dian, is die grootste hunk in die skool, so hoekom voel sy skielik nie meer dieselfde as vroeër oor hom nie ...?

Goodread: 4.67

View full details