Skip to product information
1 of 1

Mel se Boekrak

Geraamtes dra nie klere nie - Jan Vermeulen

Geraamtes dra nie klere nie - Jan Vermeulen

Regular price R 35.00
Regular price Sale price R 35.00
Sale Sold out
Tax included.

Liewe Lance Klusener, skryf die twaalfjarige Claudette Minnaar van Despatch aan haar krieketheld, jy moet asseblief vir ons bid. My pa moet een van die dae voor die Waarheidskommissie verskyn. My pa was 'n kaptein in die polisie. In 1987 het ons tuinman, John-John Mgwegwe, weggeraak, nou sê die WVK my pa het hom doodgemaak. Vra sommer vir Jonty ook om te bid, asseblief ...

Geraamtes dra nie klere nie vertel die roerende verhaal van die swaard van apartheid en die ongeregtigheid van die ou Suid-Afrika wat oor een gesin se kop hang. Maar die moord op John-John Mgwegwe raak nie net vir Claudette en haar pa en ma en ouma nie. Ook Thobela, die seun in haar klas wat so goed sokker speel, en sy oom Thabo, Dries Minnaar se voormalige kollega in die polisiediens, is betrokke. Want skuld en verraad, maar ook liefde - so kom Claudette agter - lê nie net aan een kant van die politieke spektrum nie, maar in die groewe van elke mens se hart.

Goodreads: 3.43

View full details