Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Donker spoor - Martin Steyn

Donker spoor - Martin Steyn

Regular price R 105.00
Regular price Sale price R 105.00
Sale Sold out
Tax included.

Dis altyd asof daar 'n lig in 'n ouer uitgedoof word wanneer 'n kind vermoor word.

Om die tienermeisies wat hy ontvoer te verkrag is nie genoeg nie. Hy martel hulle, hang hulle dan. Drie, vier van hulle. Later meer. 

Dit is op hierdie monster wat adjudant-offisier Jan Magson jag maak. Tot die reeksmoordenaar gevang is, moet Magson ma's en pa's in die oë kyk, hulle vrae beantwoord. En hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê ook 'n donker spoor wat sy seun van hom vervreem het.

Daar is meer vrae. Die polisie se onmag om die gemeenskap teen hierdie boosheid te beveilig haal hoofopskrifte. 'n Ma se hartverskeurende brief aan die moordenaar verskyn in die koerant. 'n Pa wil 'n losprys betaal. 

En telkens beland die soektog op 'n dwaalspoor, wat nog boosheid oopvlek.

Goodreads 4

View full details