Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Die Werfbobbejaan - Alexander Strachan

Die Werfbobbejaan - Alexander Strachan

Regular price R 35.00
Regular price Sale price R 35.00
Sale Sold out
Tax included.

Dit was asof die bobbejaan haar verwag het. Hy het sonder waarskuwing na haar gespring, die tand eontbloot, die woede vlak in sy smal oë …

In die maande hierna, by die afgesonderde Zululandse hotel, sou sy altyd bewus wees van die donker oë wat elke beweging van haar dophou, die geroggel wanneer die ketting hom terugpluk en wurg, sy rusteloosheid in die nag.

Ook die geil landskap met sy klam hitte, gedempte tromslae en groot spinnekoppe wat geruisloos uit die bome neerdaal, was vir haar vreemd, selfs vyandig. En geheimsinnig die legendes wat onder die werkers leef, hulle draaie laat stap rondom imfene, die bobbejaan – ryding van uMthakathi, die bose towenaar wat in die nag loop.

Die Werfbobbejaan is gelaai met ‘n gevoel van onheil en onafwendbaarheid, ‘n roman waarbinne die erotiese en mistieke fassinered gestalte kry; en verweef hiermee, die magiese van die Afrika-mite.

Goodreads: 3.71

View full details