Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Die tweede verslag van 'n buitengewone ontmoeting - Rona Rupert

Die tweede verslag van 'n buitengewone ontmoeting - Rona Rupert

Regular price R 30.00
Regular price Sale price R 30.00
Sale Sold out
Tax included.

Maria is 15. Sy gaan by haar ouma op Malgasbaai kuier - die res van die gesin kom 'n week later. Haar van is Mader, maar Ouma sê hulle twee is eintlik Iers, O'Briens - albei eilandmense met hul voete op die grond en die see inhul harte, nes Aigean in die ou Ierse sprokie.

Afgesien van haar liefde vir die see, kuier Maria dolgraag by Ouma. Hierdie keer sien sy egter nie uit na die vakansie nie, want nou sal hy ook nie kaar wees nie.

Die vorige vakansie het sy 'n student, 'n mariene-bioloog, leer ken. Hulle het saam gesels, gestap, rotspoele verken en die wesens van die see waardeer - veral die dolfyne. En hy het haar 'n seenimf genoem.

Lodewyk sal nie op Malgasbaai wees nie - nooit weer nie. Hy het verdrink, die dag toe Maria-hulle kuiermense gehad het en hulle almal na die voëlreservaat toe was.

Ten spyte van dit alles word Maria se vakansie tog iets besonders ...

Goodreads: 3.50

View full details