Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

C'est la vie - Lanie van Reenen

C'est la vie - Lanie van Reenen

Regular price R 65.00
Regular price Sale price R 65.00
Sale Sold out
Tax included.

Goodreads 3.73

"Meesleurend, hartseer en snaaks ... vol vonkel."

- Marita van der Vyver

Toe die bekende ontwerper Lanie van Reenen al haar spaargeld en energie in 'n kasteel in Aubusson ingooi, het haar vriende gewaarsku dis onwys. Maar Lanie was besiel. Sy het haar Franse kasteel liefderyk herstel en die "beste boetiekhotel in die streek" geskep.

Die opening val egter saam met persoonlike en internasionale die wêreldwye finansiële krisis, en 'n ernstige ongeluk wat Lanie se eks-man in 'n koma laat. Boonop dreig die beleggers om haar hotel van Kaapstad af te bestuur.

Dan is daar die kwaai brandweerbaas en die Franse burokrasie om mee rekening te hou, die uittartende kamerbediende, ander eksentrieke hotelpersoneel, die ongewone bure en Franse vriende.

Lanie se kleurryke vertelling raak aan die diep hartseer wat voluit leef kan meebring, maar ook aan die ekstase van jou drome nastreef. Al is dit 'n vet kans wat jy vat...

View full details