Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Begeerte - Eben Venter

Begeerte - Eben Venter

Regular price R 55.00
Regular price Sale price R 55.00
Sale Sold out
Tax included.

“Bill Scheiffer se taal is die taal van sy hande. Daarom het sy geweet hy praat toe hy die heel eerste keer sy hande hoog tussen haar dye inglip.”

In dié aanvangsinne vestig Eben Venter reeds die erotiek wat soos ’n leitmotief deur hierdie Karoo-roman loop. Dis die verhaal van Madelein en Bill, van haar byna onverstaanbare lojaliteit en vergewensgesindheid teenoor ’n ontroue, maar sjarmante eggenoot wat nie kan ontsnap aan sy onweerstaanbare drang na die polsende lewe en die sensualiteit van vroue nie.

Begeerte is ’n boeiende en menslike optekening van ’n vrou se geskiedenis, maar ook van die ingewikkelde familieverhoudings binne die politieke bestel van Suid-Afrika in die veertigerjare.

Goodreads 3.7

View full details