Skip to product information
1 of 2

Mel se Boekrak

Vyf Tale van die liefde - Gary Chapman

Vyf Tale van die liefde - Gary Chapman

Regular price R 45.00
Regular price Sale price R 45.00
Sale Sold out
Tax included.

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Tydskrifte publiseer artikels oor hoe om die liefde in die huwelik lewend te hou. Daar is talle boeke oor die onderwerp beskikbaar, en TV en radio saai dikwels programme daaroor uit. Om die liefde in ons huwelik lewend te hou is ’n baie ernstige saak. Soms gebeur dit tog dat ons begin voel die liefde het verflou of selfs verdwyn. Doktor Gary Chapman het tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ’n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Hierdie boek bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om sy eie taal asook die van sy maat te identifiseer. Kom ontdek hoe om jou liefde op die regte manier te kommunikeer en die romanse sal van nuuts af in jou huwelik blom.

View full details